Dit is ‘n voorreg om vir God te kan gee. Die gesindheid waarmee jy gee, is vir God belangrik, want God het ‘n blymoedige gewer lief. “Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief. En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.” II KORINTHIËRS 9:7-8
Die Woord sê wat jy saai, sal jy maai. God sê dit want Sy hart is om jou te seën. Alles wat ons het behoort aan God.
Ons gee omdat ons HOM LIEF HET, nie omdat ons onder wet is nie want "tiende" was nog nooit wet nie maar die openbaring van hoe lief jy Hom het.