Wees die kerk wees die wonderwerk

March 7, 2022

Wees die kerk wees die wonderwerk

Nou die dag sit ek by ‘n restaurant en eet saam ‘n vriend en die kelnerin wat ons bedien vra wat ons wil eet en tasbaar beleef ek hoe die Here die dame se naam vir my oop maak en ek dit met haar kon deel en hoe ek kon beleef het hoe die Here haar tasbaar aangeraak het en hoe sy nadat ons weg was sy heeltyd vir haar kollegas vertel het wat die Here vir haar gedoen het, het dit my net weer terug geneem na die skrif in Joh. 17:14-21

Joh 17:21  dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 

 

Dit is ’n wonderlike voorreg om deel van ’n Gemeente te wees waar ons die kerk kan wees nie net in die vier mure van die gebou nie maar oor die hele wêreld. Daarom moet ons besef dat ons een is met die Here sodat ons Hom kan tasbaar maak vir almal wat met ons inaanraking kom.

 

As ons na die Skrif kyk in Joh.17:14-21 sal ons sien hoe Hy wil hê ons kerk moet wees wat dan die wonderwerk word in mense se lewe.

Hy het die Woord gegee vers 14

Om ons te bewaar van die bose vers 15

Ons word geheilig in die waarheid, want Sy Woord is die waarheid vers 16-17

Ons is gestuur vers 18

Hy is Heilig en het ons geheilig vers 19

Sodat die wat na ons luister ook tot inkeer sal kom vers 20

Ons is een met die Vader, die Seun en die Heilige Gees, sodat die wêreld kan glo in Jesus wat vir ons vrygemaak het van die wet en met Hom persoonlik verbind om Sy liefde te verstaan vers 21

 

Daarom weet ek dat dit belangrik is om met Hom in verhouding te staan en tyd saam met Hom te spandeer om Hom meer en meer te openbaar sodat die wêreld kan glo wie Hom gestuur het.

 

Weereens wil ek u aanmoedig om betrokke te raak in die passie wat die Here jou gegee het en so daardeur ’n verskil kan maak in die omgewing om jou en dan te besef die kwaliteit is nie ’n aksie nie maar ’n gewoonte.

 

Jesus Groete

Past Danie Heyns