Koue hart of 'n warm hart

May 6, 2022

Paulussê, dit wat ek moet doen dit doen ek nie en dit wat ek nie moet doen dit doenekKoue hart of ‘n warm hart

 

Daar is partykeer so baie goed wat met ons lewe gebeur wat baie keer ons hart so koud maak dat ons nie agterkom dat ons gevoelloos optree nie. ‘n Koue hart forseer ‘n mens om op te tree sonder om te dink en dit voel dan reg.

Hoekom is dit so veral as ons, weet ons Sy kinders is. Is dit dan soos Paulus sê, dit wat ek moet doen dit doen ek nie en dit wat ek nie moet doen dit doen ek. Is dit omdat ek sondig is? Nee, stellig nie maar die sonde wat in ons woon.

So ek glo as ons toelaat vir die sonde wat ons voorheen toegelaat het om meer beheer oor jou kry sal die sonde jou beheer en dan optree asof jy reg is. Ek weet dat dinge wat mense teen ons doen of self die gebeurtenisse wat gebeur wat sleg is forseer ons om onsself te verdedig en dan tree mense baie keer snaaks op, dan besef ek dat ons harte koud geword het of self net lou. Ons weet wat sê die Woord oor dit (Opb.3:16  “Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.”)‘n Karakter wat ons nie  sommer verwag van God nie maar dit wys die êrens van die saak.

 

Ons weet ook wat maak ons hart warm, dit is Sy liefde en die Heilige Gees. Ons gaan nou Mei maand praat oor die “Die rol van die Heilige Gees in ons lewens” waar ek glo ons weer op nuut nuwe ontdekkinge gaan beleef om ons hart weer warm te maak, om so Christus te openbaar aan mense, maar nie net om te wys nie, maar tasbaar te beleef.

 

Ek wil jou weer aanmoedig die maand dat jy sal betrokke raak, sodat ons weer ons harte warm kan maak vir die evangelie en so  jou omgewing en gemeenskap kan verander.

 

Jesus Groete

 

Past. Danie Heyns

 

Ek wil regtig sê “sjoe”.  Ons is in Meimaand 2022 en vier maande van hierdie jaar is iets van die verlede.

Soos u sal sien is die tema op ons gemeente kalender vir Mei 2022  “Leef volgens die Heilige Gees”. 5 Junie is Pinkster Sondag wanneer ons weer as Kerk van die Here die uitstorting van die Heilige Gees gaan herdenk. Gedurende hierdie maand kan ons opnuut net weer fokus hoe om volgens die bediening van die Heilige Gees te leef. Aangesien die Heilige Gees reeds meer as 2000 jaargelede uitgestort is kan ons in der waarheid (en  behoort ons) elke dag `n lewe te leef  VOL VAN DIE HEILIGE GEES.

Kortliks beteken dit  die volgende: Ons laat toe dat die Heilige Gees ons aanhoudend vul, beheer, bekragtig, motiveer en toerus, om te wees wat God wil hê ons moet wees en te doen wat Hy wil hê ons moet doen. Om gedurig Sy leiding in ons lewe te volg. Om toe te laat deur middel van ons oorgawe aan Hom dat Sy vrug, gawes en manifestasies in ons lewens na vore kom. (Gal 5:22 en 1 Kor 12 en Rom 12) Om toe te laat dat Hy ons meer en meer na die beeld van die verheerlikte  Christus te verander. (2 Kor 3 vers 16 tot 18) Om gedurig met Hom gemeenskap(fellowship) te hou. (2 Kor 13 vers 13)

Mag elkeen van ons leer om in ‘n besonderse verhouding met die Heilige Gees te leef.

Groete

Dok Cobus