Gebruik die volgende geleentheid

June 2, 2022

Daar is so baie keer geleenthede wat verby ons gaan wat ons nie gebruik nie. Daarom dink ek dat dit belangrik is om op te let vir die geleenthede.

 

Dit laat my dink aan ‘n keer toe een van my kring leiers by die skool na my toe gekom het, en vertel dat sy wil nie meer ‘n kring leier wees nie omdat sy voel sy beteken niks nie, en doen nie goed as ‘n kring leier nie. Min weet sy dat daar net die vorige week een van haar kring se kinders na my toe gekom het en vertel het dat sy niks werd gevoel het en toe het haar kring leier haar geïnspireer om aan te gaan dat sy iets spesifiek gesê het wat haar besluit van om selfmoord te pleeg te verander om verder te lewe. Sonder dat die kring leier geweet het, het sy die geleentheid gebruik waar sy gevoel het sy doen nie veel nie, het sy iemand se lewe gered.

Net so gebeur daar soveel geleenthede rond om ons wat net moet gebruik word.

Junie is die maand om die gawes van die Heilige Gees te ontdek en toe te laat dat ons ‘n verskil kan maak in mense lewe. Met die Heilige Gees sal ons elke geleentheid raak sien en so Jesus tasbaar maak en so die wonderwerk wees om die kerk tewees.

Jesus groete

Past Danie Heyns