Ons is ‘n Woord van GOD gebaseerde en Heilige Gees gedrewe gemeente wat daarna streef om mense te lei tot ‘n oorwinningslewe in die Here Jesus Christus.
MISSIE VAN DIE GEMEENTE
Om GOD te verheerlik.
Om die koninkryk van GOD te verkondig deur die prediking van die evangelie van Jesus Christus deur die krag van die Heilige Gees.
Om die behoeftes van die mense in sy geheel te bedien.
Om gelowiges te ontwikkel, toe te rus en beskikbaar te stel vir die bediening.
Om die invloed van die Kerk buite sy grense en na die buiteland uit te brei.
Om kameraadskap tussen gelowiges onderling te bevorder.
KERNWAARDES EN BEGINSELS
Die pinkstererfenis van die Kerk
Lofprysing en aanbidding
Die verskeidenheid van bedieninge soos vervat in die Bybel
Intergemeenskaplike verhoudinge
Gebed
Pastorale versorging
Sending en evangelisasie aksies
Gesonde leierskap en doeltreffende finansiele administrasie bestuur en beheer.